LifestyleLocal news

Prettige pretloop by kerk se eerste Kersmark

Gemeentelede het die jaar afgesluit met ’n prettige pretloop en kompetisies.

Skuilkrans NG Gemeente het sy eerste Kersfees Kuiermark gehou om die jaar af te rond, met verskeie kompetisies en aktiwiteite waaraan die gemeenskap kon deelneem.

Lara Fouche en Christie Prinsloo
Karen Basson en Kruger du Toit

Die Kuiermark is die kerk se derde funksie vanjaar, na die Koor- en Lentefeeste.

Estelle Pike, voorsitter van die die kerk se fondsinsamelingskomitee, sê dat die mark 69 uitstallers gehad het. Gemeentelede kon terug sit en ontspan.

Aktiwiteite het ’n pretloop, troeteldierparade, hondekompetisie, vrasvra-kompetisies en ’n prysuitdeling ingesluit.

“Die mense uit ons gemeente werk baie hard gedurende die jaar, en wanneer ons basaar hou, doen hul als, hul kook kerrie en rys en vetkoek, en al daardie dinge, so hulle werk regtig hard. Hulle kry nie kans om eintlik te ontspan en die basaar te geniet nie, toe dog ons, kom ons hou iets soos dié, en dan kan hulle dit kom geniet,” sê Pike.

Yolande, Lian, and Otto Bronkhorst, and Lehande de Beer.
Cara en Christoff Breet

Sy sê dat die kerk ’n baie geseënde jaar gehad het, na die sukses van die bogenoemde feeste en dat hulle daarna uitsien om hierdie gewilde funksies weer vir die gemeenskap volgende jaar aan te bied.

Estelle Pike, Magda Huisamen, Fred-Erik Olivier en Irma Loots

Kyk hier: https://www.facebook.com/share/r/1EwZXBY7CY/?mibextid=wwXIfr.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button