AdvertorialSchools

HTS John Vorster

HTS JOHN VORSTER is ‘n Tegnologiese skool waar Wiskunde en Wetenskap verpligte vakke is.

Ons slaagsyfer vir 2023 is 98% – ongeveer ’n persentasiepunt-verbetering op 2021 se slaagsyfer, waarvoor ons baie dankbaar is. 96 (64.4%) leerders het met universiteitsvrystelling geslaag – 30 meer  as in 2021.  Dit impliseer dat ons leerders net meer geleenthede het.

HTS John Vorster is ‘n Tegnologiese skool waar Wiskunde en Wetenskap verpligte vakke is.  Daar is net een leerder wat nie Tegniese Wiskunde en Wetenskap geslaag het nie, dus is ons slaagsyfer vir dié vakke 99.9%.  Ons is so trots op ons leerders!

Hierdie groep is vanaf graad 9 blootgestel aan COVID-regulasies wat ’n groot leemte in hul onderrig gelaat het. Probleme is reeds in graad 10 en 11 geïdentifiseer sodat daar hard gewerk is om hulle akademie op standaard te bring, onder andere deur ekstra naweekklasse. Daar is ook seker gemaak dat hulle so min as moontlik afwesig is om te verseker dat hulle optimale akademiese tyd kan benut.  Ons wou aan elkeen die geleentheid gegee het om hulle akademiese punte te verbeter om te verseker dat soveel as moontlik leerders universiteitsvrystelling kry.

Vir 2023 beplan ons om ‘n 100%-slaagsyfer te behaal met ‘n baie sterk matrikulantegroep van 170 leerders waarvan ten minste 120 met universiteitsvrystelling kan slaag. Indien ons ‘n 100%-slaagsyfer kan behaal, sal ons ongelooflik dankbaar wees, maar besef dat dit ‘n jaar van baie harde werk en goeie spanwerk gaan verg – met volle vertroue in ons leerders en personeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button