So tree ouers by skole op
Ek skryf die brief as ‘n gewone onderwyser van die Curro Hazeldean-skool en wil aan almal bekend maak hoe die mentaliteit van sekere Curro Hazeldean-ouers is. Die skool is nou eers twee maande aan die gang en die volgende drie ‘skokkende’ gebeure het al plaasgevind. Eerstens, na afloop van die skool se atletiekbyeenkoms, is …

Ek skryf die brief as ‘n gewone onderwyser van die Curro Hazeldean-skool en wil aan almal bekend maak hoe die mentaliteit van sekere Curro Hazeldean-ouers is.
Die skool is nou eers twee maande aan die gang en die volgende drie ‘skokkende’ gebeure het al plaasgevind. Eerstens, na afloop van die skool se atletiekbyeenkoms, is daar laat in die aand skade aan die verspringput en velde deur ouers van die skool en hulle voertuie aangerig.
Tweedens, is daar verlede Vrydag strooibiljette op die skoolterrein versprei deur ‘n ouer wat die skool beskuldig van te veel Afrikaans-praat, dit nou by ‘n dubbelmedium skool.
Derdens word daar met sportoefeninge op die onderwysers van die skool geskreeu en sommiges word al op die netbalbane aangeval.
Niks word egter aan die ouers gedoen nie. Aan die sogenaamde ‘ouers’: Julle geld kan seker baie goed koop, maar dit sal nooit nederigheid en respek vir ander kan koop nie.
