LettersOpinion

Moo4molesters

Die berig, Child molesters busted, het betrekking. Hoe lui die ou spreekwoord, ‘wolf in skaapklere’. Ja, ons is die eienaars van die eiendom waar die sogenaamde ‘pedofiele’ ’n woonstel gehuur het. Hulle het vir sewe jaar by ons gebly en ons het niks vermoed nie. Waar ons kon, het ons hulle gehelp en so ook …

Die berig, Child molesters busted, het betrekking.

Hoe lui die ou spreekwoord, ‘wolf in skaapklere’. Ja, ons is die eienaars van die eiendom waar die sogenaamde ‘pedofiele’ ’n woonstel gehuur het.

Hulle het vir sewe jaar by ons gebly en ons het niks vermoed nie. Waar ons kon, het ons hulle gehelp en so ook het ander mense wat vir hul omgegee het. Nou moet ons die gelag betaal. Ons kan nie ons woonstel verhuur nie, want niks mag uit die woonstel verwyder word nie. Ons moet wag vir ’n lasbrief wat ons eers na drie maande van nou af sal ontvang.

Let wel, ons moes kostes aangaan vir ’n prokureur. Aangesien ons woonstel so beskadig is en ons geen huurgeld ontvang nie, moet ons beslag lê op die bates om hopelik ’n bietjie van ons uitgawes te dek, en dit kan ons eers gedoen word wanneer ons die lasbrief ontvang het.

Intussen verloor ons huurgeld al van Desember 2013 af. Ons mag net optree volgens die wet, want as ons nou iets verkeerd doen kan die krimineel ’n saak teen ons lê. Nou vra ons die vraag: aan wie se kant is die wet nou eintlik? Dit is duidelik dat die krimineel ten alle tye beskerm word, want ons moet ‘hulle omstandighede in ag neem’, naamlik dat hulle geen inkomste verdien nie want hulle is mos nou in die gevangenis.

Ons erf voel besmet en vuil. Ons hande is afgekap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button