
Ons kla so gou as ons nie diens kry nie of swak diens kry, maar vandag wil ek ’n pluimpie gee.
Ek het op 17 Maart om 09:15 die Tshwane-metro gebel oor ’n boom wat besig was om om te val. ’n Beleefde mnr. Collen Leajane (ek kon nie die spelling mooi regkry nie) het die telefoon beantwoord en beloof om op te tree.
Ek het nog gedink, ja, ons sal maar wag en sien. Groot was my verbasing toe ek 45 minute later (ja, jy het reg gelees) ’n groot geraas hoor en besef die boom word sowaar opgesaag. Vinnig en sonder om die verkeer te pla was die boom in stukke.
Die volgende dag is die stomp vinnig verwyder.
Ek wil net sê: Wel gedaan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
