LettersOpinion

Senior staatsaanklaer wat in haar huis aangeval

Wynand Klerck van Newlands skryf: Ek lees nou die berig oor die senior staatsaanklaer wat in haar huis aangeval is. In die laaste sin staan daar: “Die bure het haar gille gehoor maar wou nie uit die huis kom nie.” Dit skok my! Ek was Saterdagaand 3 Mei om 22:30 in ‘n gewapende rooftog by …

Wynand Klerck van Newlands skryf:

Ek lees nou die berig oor die senior staatsaanklaer wat in haar huis aangeval is. In die laaste sin staan daar: “Die bure het haar gille gehoor maar wou nie uit die huis kom nie.” Dit skok my!

Ek was Saterdagaand 3 Mei om 22:30 in ‘n gewapende rooftog by my huis in Selmastraat, Newlands betrokke. Ek was besig om die hek oop te maak en ‘n vriend af te sien toe drie mans met 9mm-pistole op ons afstorm.

Al waaraan ek kon dink was my twee kinders die huis, my dogter van 10 en my seun van 8. Ek het onmiddellik begin gil en besluit ek gaan nie toelaat dat hulle by my kinders uitkom nie. Gelukkig het my vriend ook gegil en ons het terugbaklei.

My buurman het dit gehoor en dadelik sy kop by die venster uitgesteek en geskree dat hulp oppad is en daarna sy paniekknoppie gedruk. Sekondes later het die rowers die pad gevat. My buurman en ADT was ook binne ‘n minuut op die toneel.

Ek kan net nie verstaan hoe iemand ‘n gil kan hoor maar niks doen nie; sulke tipe bure het niemand nodig nie.

Ek dank die Vader vir die feit dat ek sulke goeie bure het. Wat hul optrede merkwaardiger maak is die feit dat ek hulle nie voorheen ontmoet het nie, want ons het eers in Maart ingetrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button