Die Bulle maak droog
Daar is belangriker dinge om oor te besin in hierdie droewige land, maar hartlike dank aan Koos Venter dat hy bereid is om Bulls-rugby se getjommel te kritiseer (Rekord, 20 Februarie). Tereg noem hy dat die Bulls se skrumwerk en algemene voorspelerspel vir sy woedende ondersteuners ‘n verleentheid is. Waarom het ander unies die regte …

Daar is belangriker dinge om oor te besin in hierdie droewige land, maar hartlike dank aan Koos Venter dat hy bereid is om Bulls-rugby se getjommel te kritiseer (Rekord, 20 Februarie). Tereg noem hy dat die Bulls se skrumwerk en algemene voorspelerspel vir sy woedende ondersteuners ‘n verleentheid is.
Waarom het ander unies die regte spelers gekoop en ons nie? Waarom is byvoorbeeld Vincent Koch weggedryf na die Pumas, vanwaar die Stormers hom opgeraap het? Daarteenoor is daar talle voorbeelde van verkeerde aankope van spelers van gemiddelde provinsiale gehalte.
Dis nou genoeg. Die Bulls-bestuur is besig om ‘n trotse tradisie tot in die grond af te breek.
Fransjohan Pretorius van Muckleneuk
