LettersOpinion

BRIEF: Padwoede

Onbekend van Wierdapark skryf: Meneer, u het laat een Vrydagmiddag die uitgang by Maxi’s in Theuns v Niekerk gebruik. Die verkeer was druk en ek het een motor ‘n kans gegee om in die baan te kom. Tot my onsteltenis sien ek in my sy spieël dat die voorkant van jou monster motor net ‘n …

Onbekend van Wierdapark skryf:

Meneer, u het laat een Vrydagmiddag die uitgang by Maxi’s in Theuns v Niekerk gebruik. Die verkeer was druk en ek het een motor ‘n kans gegee om in die baan te kom.

Tot my onsteltenis sien ek in my sy spieël dat die voorkant van jou monster motor net ‘n paar sentimeters van die kant van my kar was. En toe jy heeltemal in die baan agter my kom, het jy blykbaar baie genot daaruit geput om my stresvlak verder te laat styg deur so naby aan my te ry dat ek heeltemal verbouereerd was.

As dit nie genoeg was nie, toe die verkeer stilstaan, vir die verkeerslig in Hendrik Verwoerdrylaan, klim jy ewe windgat uit om my te vra wat my probleem is. Ek wil weet wat jou probleem is.

Wil jy dalk jou meisie/vrou beïndruk deur o so macho te wees en wys hoe naby jy aan die kar voor jou kan ry? Dink jy vir een oomblik aan die stres wat jy veroorsaak aan die kind en bestuurder voor jou?

Ek kon darem spoed optel net toe die verkeerlig groen geslaan het, net om agter te kom dat jy met mening op my afpeil. Ek het van die pad afgetrek sodat jy verby kon jaag en was so dankbaar toe jy by Mannies indraai sodat ek weer rustig verder kon ry.

Dink ‘n bietjie hoe sou jy voel as jy in my posisie was. Ek ken nie karre nie, maar joune het soos ‘n Hummer gelyk, teen my klein Aygo. Ek kon net jou radiator in my spieëltjie deur die agterruit sien. O, en nog iets. Jammer oor die lelike vloekwoord wat ek jou toegesnou het, dis beslis nie my gebruik nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Instagram en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button