‘n Oop brief aan iemand
Gesigloos van Pretoria skryf: Gesigboek is soos ‘n blackhole wat die hele wêreld ingesuig het…van iemand se aandete tot terreur-aanvalle word op Facebook aangekondig. Mense is “single “,married ” en “complicated ” in een maand. My sielkundige sê ek is “complicated” maar ek dink as jy in een maand “single ” en “married ” is, …

Gesigloos van Pretoria skryf: Gesigboek is soos ‘n blackhole wat die hele wêreld ingesuig het…van iemand se aandete tot terreur-aanvalle word op Facebook aangekondig.
Mense is “single “,married ” en “complicated ” in een maand.
My sielkundige sê ek is “complicated” maar ek dink as jy in een maand “single ” en “married ” is, kort jy haar nommer.
Mens word so stelselmatig en onwetend ingesuig todat niks werklik is as dit nie op Facebook “ge-post” is nie. Van jou oggendkoffie tot jou privaatlewe word in kritieke detail uiteen gesit, dan sit jy terug en wag met angstigheid dat iemand jou nuwe foto of status “like”.
Ek het ook in daai blackhole iemand se ertjies-ete “ge-like” en self paar prente opgelaai van my koffie, hond,Kat, kind….IN die moeilikheid gekom en daar uit op Gesigboek.
‘n Mens moet saam jou drie vrinne earl grey tee drink pleks van ‘n prent “post” van ‘n teekoppie. ‘n Mens moet praat dat die spoeg spat en jou wenkbroue lig in pleks daarvan om ‘n uitroepteken te “post”.
Mense se gees verarm en hulle weet nie meer hoe om met mekaar te komunikeer nie .
Toe besef ek mos eendag ek moet na die lig terug keer uit die swart gate uit.
My dierbare vriendin met wie ek al vir 25 jaar REGTE vriende is (nog voor daai seun wat Facebook uitgedink het geloop het ) se man is onlangs skielik oorlede en sy het haar kinders bymekaar gemaak en gesê dié is nie ‘n Facebook-storie nie.
Sy het al die vrinne en kennise gebel en die slegte tyding meegedeel soos ‘n mens moet. My vriendin is ‘n mens met waardes daarom het sy die regte ding gedoen en nie bloot n “post” gemaak van die “terrible news” ..waarop 2000 van jou “vrinne ” van oor die wêreld en Japan dan vir dae aaneen “very sorry” op- en aanmerkings maak nie.
Dikwels vra ek na iemand se welstand net om te hoor MAAR sy afsterwe was op Facebook, dan die verdwaasde uitdrukking as jy seg maar jy Facebook nie.
In ‘n ongemaklike stilte probeer hul jou ontleed want as jy nie Facebook nie moet daar êrens n skroef los wees. Die hele wêreld Facebook dan — en so word jy gesigloos.
Ek hoop my kinders “announce ” nie my afsterwe op hul Facebook nie. Begrafnisse is duur en sê nou maar net hul 2000 vrinne daag almal op?
