LettersOpinion

Slimmeters verkul inwoners

"Ons is een van die ongelukkige inwoners wat die smartmeter gekry het."

Ek skryf na aanleiding van die berig ‘Slimmeters verkul ons’ in Rekord van 12 Junie. Ek stem volkome saam. Ons is een van die ongelukkige inwoners wat die smartmeter gekry het. Ons was met vakansie toe dit geïnstalleer is en ons moes daar rondhardloop om die elektrisiteit opgelaai te kry, met ‘n groot gesukkel. Ons was al lankal terug by die huis toe was dit steeds nie op nie.

Ons het ‘n betaling by Standard Bank op 14/5 gemaak en dit is nog nie op ons rekening aangedui nie. Daar is blykbaar ‘n tegniese fout, waar weet ek nie – 20 oproepe later en ons sit steeds met ons hande in die hare.

Ek het die afskrif van die Government Gazette gekry waar dit geskryf is van die verskillende seisoene. Wat ek nie kan verstaan nie, is daar staan, “A Fixed Charge, whether or not electricity is consumed, per metering point” en ‘n bedrag. Toe ek vra hoekom ons ektra moet betaal vir ‘n meter waarvoor ons nie gevra het nie, was die antwoord ons betaal vooruit vir die elektrisiteit – maar betaal dan apart vir dit wat ons kan bekostig.

Ek wil weet wie kan ons help om hierdie meter te verwyder, my man is met pensioen en ons skakel al die krag saans af om te bespaar, maar die meter hou aan loop en die tarief per dag bly dieselfde. Nou moet ons daaronder ly en ons hande is afgekap want hoe kry ons die smartmeter uit en maak dit soos voorheen? Hoop daar is ander inwoners wat dieselfde soos ons daaroor voel. Anoniem van Pretoria

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button