LettersOpinion

Inwoners woon heerlik in Waverley

"Omtrent drie maande gelede het ek en my vrou, twee bejaardes, intrek in 'n huis hier in Lawsonstraat, Waverley, geneem en ons het nog nooit so lekker gebly nie."

Omtrent drie maande gelede het ek en my vrou, twee bejaardes, intrek in ‘n huis hier in Lawsonstraat, Waverley, geneem en ons het nog nooit so lekker gebly nie.

Ons is ou Pretorianers maar het nie besef dat Waverley so ‘n aangename woonbuurt is nie. Die inwoners hier is baie vriendelik en gemoedelik en meeste sal jou groet met ‘n glimlag en die personeel in die winkels gaan ook uit hul pad om jou tuis te laat voel. Hier heers ‘n plattelandse atmosfeer en selfs die mense in hul motors is so goedgemanierd dat hulle jou sal wys om voor hulle te ry al het hulle die reg van weg,

Dit is ook ‘n stil en netjiese voorstad met die mooiste bome en plantegroei. Ons is oorstelp van vreugde dat ons soos eregaste behandel word. Dankie aan die inwoners van Waverley, hou so aan.

Theo en Perry le Roux, Waverley

 

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button