Goeie dag,
Ek stuur hierdie brief vir julle omdat julle meer blootstelling het aan die publiek. Ons het ‘n groot probleem met die stopstrate in ons omgewing wat niemand meer gehoor aan gee nie. Die stopstrate op die h/v Webb- en Garretlaan in Queenswood wat naby ons is (dit is waar die Oor-instituut is) ry die motors letterlik net oor sonder om te stop. Daar is eintlik heelwat bestuurders wat ons gesien wat net nie meer omgee nie (h/v 30ste en Haarhoff, 30ste en Louis Trichardt ook).
By ons is dit ‘n groot probleem omdat van die bejaardes soms stap en ‘n paar met hulle “shop gliders” ry – dit is elektroniese karretjies.
Ek weet nie of dit onder ‘n kategorie van “probleme” val nie en weet nie wat die oplossing daarvoor sal wees nie. Sal dit dalk ondersoek kan word of met die Tshwane-metro opgeneem kan word dat daar dalk ‘n kamera installeer word om oortreders te beboet?
Inwoner van die Moot
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
