Na aanleiding van die artikel oor die pa wat graag Oos-Moot se skoolhoof afgedank wil hê omdat sy dogter by die skool geboelie word:
Ek wil graag noem dat die skoolhoof ’n jaar of wat gelede aan ons dieselfde ‘oplossing’ gegee het toe ons hom genader het vir hulp en ondersteuning.
Haal die kind uit Oos-Moot en plaas haar in ‘n ander skool, was sy voorstel.
Dit wil voorkom of hy van “issues” ontslae wil raak, eerder as om dit te hanteer.
Ek en my man het self (sonder die skool se bystand of hulp) hulp bekom vir ons situasie en tot vandag toe het die skool ons nooit weer gekontak nie.
Ek persoonlik voel die skool (hoof sowel as beheerliggaam) maak slegs nou ‘n ophef van hierdie geval omdat die pa tot aksie oorgegaan en die media betrek het.
’n Besorgde ma
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
