
Môre,
Ja, baie mense van my werk het gister teruggekom werk toe en hul mense gebel om hulle te kom haal.
Daar is nêrens gesê mens mag nie meer met geld ry nie.
Wat van mense wat slegs een keer in ‘n maand ry? Moet hulle nou ‘n buskaartjie gaan koop vir een dag? Dit is onaanvaarbaar en so gaan die busdiens tot niet loop, niemand gaan meer van hul dienste gebruik nie want of hulle staak elke tweede week of nou is dit die gemor oor ‘n kaartjie.
Busbestuurders is afhanklik van die publiek en sonder hulle gaan hulle nie meer werk hê nie. Ons is baie wat hier werk en sal nie meer van hul dienste gebruik nie want ons betaal reeds dubbel elke maand vir ons vervoer.
Dit is net in een woord, belaglik, en hul staak vir elke klein dingetjie.
Laat hulle staak, hulle gaan sonder werk sit. Dit is tipies hoe die unies dink.
Trudie Pullen
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
