LettersOpinion

‘Europese’ vrou maak oorlas van haarself

"Graag wil ek mense wat in Pretoria se middestad werk, net waarsku teen 'n vrou wat van haarself 'n oorlas maak."

Die redakteur, Rekord,

Graag wil ek mense wat in Pretoria se middestad werk, net waarsku teen ‘n vrou wat van haarself ‘n oorlas maak.

Op Dinsdag 27 Januarie, het ‘n jong, fyn donkerkop vrou by ons ontvangs ingestap en kom vra na die naaste moskee. Ek was baie besig en het haar probeer wys op ‘n kaart na die moskee in Queenstraat. Sy kom volgens haarself van Europa en ken glad nie Pretoria nie. Sy het versoek dat ek haar liewer self neem.

Sy het haarself toe vir die res van die dag ewe tuis by ons ontvangs gemaak en vir almal van haar penarie vertel. Volgens haar is haar man vroeg in Januarie gekaap en die polisie kon nog geen vordering met die saak maak nie. Haar dilemma is dat sy geen geld het vir kos of verblyf nie. Ons het haar toe vir ses dae elke dag gehelp met kos en toiletware. Ek het haar persoonlik na albei die moskees in die middestad geneem. ‘n Kollega van my het ook probeer om by die polisie uit te vind oor haar vermiste man. Die probleem was egter dat sy nie haar man se besonderhede ken nie. Ook nie die saaknommer of kontakpersoon by die polisie nie.

Sy het elke dag aangedring op geld vir verblyf en vir vervoer. Haar storie het ook oor die ses dae baie verander. Toe my toesighouer na ses dae haar vriendelik vra om ons liewer met rus te laat het sy haar so erg ingevlieg dat sy die sekuriteit moes ontbied. Sy het gedreig om ons te dagvaar en ons aan te gee.

Ons het almal probeer om haar te help, maar haar inligting ontbreek en is vaag. Sy het net in geld belanggestel. Ek glo ook nie dat sy die waarheid praat nie.

Annoniem Pretoria.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button