LettersOpinion

Trotse Ovie ervaar “ubuntu”

"Dis 'n vreugde wat mens so maklik kan vergeet, veral in die stad, wanneer jy skaars jou buurman of -vrou ken."

Ek is 15 jaar oud en ‘n Magalieskruin-inwoner. Vandag het ek ‘n unieke vreugde ervaar. Ook bekend as “ubuntu”, ja liefde vir my medemens.

Dis ‘n vreugde wat mens so maklik kan vergeet, veral in die stad, wanneer jy skaars jou buurman of -vrou ken.

Tog bly dit ‘n asemrowende ervaring, om klein goedjies te doen soos om iemand te help wat sukkel om ‘n lessenaar uit ‘n motor te kry. Ons kyk so gereeld na die sleg in die wêreld dat ons bang raak om die goed te raak te sien.

Al wat ek wil sê, daar is nog goed daarbuite. As jy dit nie kan sien nie, is dit tyd om dit te wees.

Trotse Ovie, Chandré de Wet

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button