LettersOpinion

Good Morning Angels tot die redding

Intercare Dagkliniek Irene, Ek was 16 Oktober 2015 vir ‘n kakebeenoperasie gewees wat in samewerking met Good Morning Angels van Jacaranda 94.2fm en dr. Hannekom van Intercare my droom laat waar word het. Ek was ‘n ernstige mirgraine-leier en het gedurige pyn gehad en moes deur ‘n proses gegaan het met draaitjies en toe ‘n …

Intercare Dagkliniek Irene,

Ek was 16 Oktober 2015 vir ‘n kakebeenoperasie gewees wat in samewerking met Good Morning Angels van Jacaranda 94.2fm en dr. Hannekom van Intercare my droom laat waar word het.

Ek was ‘n ernstige mirgraine-leier en het gedurige pyn gehad en moes deur ‘n proses gegaan het met draaitjies en toe ‘n kakebeenoperasie ondergaan. Te danke aan my man (Willem Frost), Jacaranda 94.2fm en die Intercare-groep is my kakebeenoperasie op 16 Oktober 2015 gedoen.

Ek wil net dankie sê vir al die mense wat daardie dag en ook die herstelproses vir my so gerieflik en gemaklik as moontlik gemaak het. Dankie vir almal se wonderlike diens, asook die feit dat elke persoon my elke dag met ‘n glimlag gehelp het, en dit nooit te veel moeite vir enigeen was nie. Daar is soveel instansies waar mense vergeet hoe om pasiënte in ‘n hospitaal te behandel maar almal kan verseker by die Intercare-groep gaan leer.

Dit is nou amper vyf maande later en ek het tot op hede nog geen migraine gekry nie. Dis wonderlik om so te voel. My draadjies kom oor twee weke af en dan gaan ek weer lekker kan eet.

Christell Frost

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button