Grusame dierlikheid onder Pretorianers
Geagte lesers van Rekord, Wat kan ek sê oor hierdie afgryslike, dierlike daad? Ek het baie probleme met die storie van die jong vrou wat langs die N1-deurpad naby Stormvoëlweg verkrag is, maar laat ek met hierdie een begin. Nommer een, wie loop nog 01:00 op die deurpad? Nie dat dit nie die walglike dade …

Geagte lesers van Rekord,
Wat kan ek sê oor hierdie afgryslike, dierlike daad? Ek het baie probleme met die storie van die jong vrou wat langs die N1-deurpad naby Stormvoëlweg verkrag is, maar laat ek met hierdie een begin.
Nommer een, wie loop nog 01:00 op die deurpad? Nie dat dit nie die walglike dade van die vyf mans regverdig nie, glad nie. Maar wie, vrou alleen, in die middel van die nag, loop op die deurpad en dink eerlikwaar nie iets gaan met jou gebeur nie? Ons woon in ‘n land met een van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld, as ons nie klaar die hoogste syfer het nie. Nee vroue en mans ook…. pas jouself op, moet nie in die middel van die nag op donker paaie ronddwaal en vir kwaad soek nie.
Tweedens, en hiermee sukkel ek al baie lank. Dit gaan my verstand te bowe dat ‘n groep mans, in hierdie geval vyf van hulle, almal op een slag saam besluit om ‘n vrou te verkrag. In Indië is hierdie ‘n alledaaglikse ding, maar hoe siek kan vyf mans (wat waarskynlik vroulike familielede en vriendinne het) bymekaar wees om almal op een slag te besef hulle wil ‘n vrou verkrag.
Dit neem my terug na die storie van ‘n jong vrou wat verkrag is in ‘n bus deur ongeveer 12 mans nadat sy en ‘n vriend gaan fliek het? Kan iemand my help om te verstaan hoekom daar sulke dinge gebeur? Wat gaan aan met mense wat in ‘n groep sulke dade pleeg?
Groete,
Bekommerde alleenloper
