LettersOpinion

Wonderwerke bestaan wel

Ons worshond, Axel, het op Vrydag, 11 Maart, net voor die “groot reën” verlore geraak. Nodeloos om te sê dat enige soektog in die sousende reën (waaroor ons almal wel dankbaar was) geen vrugte afgewerp het nie. My seun en sy vriend het weer Saterdagoggend na ons hond gaan soek. Hierdie keer nie te voet, …

Ons worshond, Axel, het op Vrydag, 11 Maart, net voor die “groot reën” verlore geraak. Nodeloos om te sê dat enige soektog in die sousende reën (waaroor ons almal wel dankbaar was) geen vrugte afgewerp het nie.

My seun en sy vriend het weer Saterdagoggend na ons hond gaan soek. Hierdie keer nie te voet, maar per fiets. Nie ver van ons af, het hulle ‘n ma met haar kinders en ‘n “bruin hond” in die arms, gewaar. Me. Onbekende Weldoener, ek weet nie wat jou naam of jou nommer is, maar as jy nie bereid was om die Saterdag van huis tot huis te gaan om te probeer uitvind wie se hond dit is, sou my kind nooit die hond raakgesien het nie.

Ek wil vir jou diep uit my hart bedank vir jou moeite en soos wat ek verstaan, het julle ook die hondjie die vorige aand ingeneem – uit die reën. Jy het nie ‘n idee hoe dankbaar ons is om hom weer terug te hê nie.

Glo my, daar is baie vir hom gebid. Dit is oor mense soos jy (en wat jy jou kinders leer) wat ek tog hoop vir ons samelewing het.”

Karien Knobel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button