Ek wil dankie sê
Geagte Rekord Ek wil vra dat die volgende mense bedank word vir hulle eerlikheid en uitstekende hulp. Hulle regtig die spreekwoordelike ekstra myl geloop. My beursie is Donderdagmiddag omstreeks 14:00 in die Hyperama Mayville Mall uit my handsak gesteel met my rybewys en vele ander belangrike items daarin. Ek het alles gestaak wat ek moes …

Geagte Rekord
Ek wil vra dat die volgende mense bedank word vir hulle eerlikheid en uitstekende hulp. Hulle regtig die spreekwoordelike ekstra myl geloop.
My beursie is Donderdagmiddag omstreeks 14:00 in die Hyperama Mayville Mall uit my handsak gesteel met my rybewys en vele ander belangrike items daarin.
Ek het alles gestaak wat ek moes en ’n langnaweek met niks begin.
Gisteroggend ontvang ek ’n oproep van ene Mnr Collen Mtsweni van die Engen Oos motorhawe.
Hy deel my mee dat hy my beursie by hom het en ek kan dit kom afhaal.
Ene Michael Mabena het op die beursie afgekom terwyl hy besig was om skyfies reg te pak.
Hy het hy dit dadelik na Mtsweni gebring wat op sy ’n kontak- nommer begin soek het.
So het ek my beursie en my rybewys teruggekry.
Baie dankie vir hul goeie diens.
Naomi van Huyssteen
