Wees versigtig vir ‘n skaap in wolfklere
Ek verwys na mense wat ander uitbuit in die lewe. Ek het ’n paar maande gelede te doen gekry met ’n jong vrou wat haarself as ’n engel voorgedoen het. My seun het haar aan my as sy vriendin voorgestel. Hy het my vertel van iets wat gebeur het en gevra of ek glo dat …

Ek verwys na mense wat ander uitbuit in die lewe.
Ek het ’n paar maande gelede te doen gekry met ’n jong vrou wat haarself as ’n engel voorgedoen het.
My seun het haar aan my as sy vriendin voorgestel.
Hy het my vertel van iets wat gebeur het en gevra of ek glo dat sy ’n engel is.
Ek het ja gesê en bygevoeg dat engele in alle vorms op aarde is.
My fout.
Hulle twee het `n paar keer kom kuier en sy het alles oor die familie uitgevind.
Die gevolg? Derduisende rande is uit my uit geswendel en baie mense is seergemaak.
Gesinslede is teen mekaar opgesweep sodat hulle vir weke niks met mekaar te doen wou hê nie.
Later toe hulle weer met mekaar begin praat het, het hulle uitgevind waarmee sy besig was.
Ek is seker hierdie jong vrou kan gedagtes lees en as sy eers met jou te doen gekry het, weet sy waaraan jy dink.
Daar is drie mans wat saam met haar in die verneukspul is en hulle woon saam in ’n woonstelgebou. Sy werk nie maar gee voor dat sy ’n hoë pos beklee.
Ons het al vir my seun gesê dat hy daar moet wegkom maar hy wil nie luister nie.
Indien daar ander mense is wat dieselfde oorgekom het, vertel ook jul storie.
Leon Fouché
