LettersOpinion

Sjarme op ’n snelweg

Hierdie brief is gerig aan ’n jong man wat ek op ’n snelweg ontmoet het. Ek weet nie waarvandaan die man kom nie en hoop hy sal die brief sien in die Rekord-koerant van sy omgewing. Ek en my familie het die middag van Paas-Sondag op die N14 van Krugersdorp af na Pretoria gery. ’n …

Hierdie brief is gerig aan ’n jong man wat ek op ’n snelweg ontmoet het.

Ek weet nie waarvandaan die man kom nie en hoop hy sal die brief sien in die Rekord-koerant van sy omgewing.

Ek en my familie het die middag van Paas-Sondag op die N14 van Krugersdorp af na Pretoria gery.

’n Roomwit 4×4-voertuig het ons in ’n stadium verbygesteek. My ma noem toe die jong man wat bestuur vir ons glimlag. Die motor het afgedraai en ons waai toe vir mekaar.

‘n Bietjie later het ons dieselfde motor met flitsende ligte agter ons gesien, die man het beduie dat ons moet stilhou.

Huiwerig het ons tot stilstand gekom. Die man het aangehardloop gekom en my ma vriendelik gevra: “Skies Tannie, jammer om te pla, kan ek dalk asseblief haar nommer kry?” en wys toe na my.

Ek was verbaas en gevlei, my ma antwoord toe dat ek 20 jaar oud is, ongelukkig ’n bietjie te jonk vir hom.

Hy sê toe baie teleurgesteld, ja, dat hy wel nege jaar ouer is en het vriendelik gegroet.

Ek wil net vir hom dankie sê, ek sal hom altyd onthou. Hy het my dag gemaak op ’n besondere manier.

Dat hy ons voertuig weer op die snelweg opgespoor en die moed gehad het om voor my familie te vra vir my telefoonnommer is ‘n aanduiding van karakter.

Dis goed om te weet dat daar nog mans is wat so impulsief, sjarmant en romanties kan wees.

Nicolene Oosthuizen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button