Glo soos ‘n kind
Geagte Mnr Piet Stassen Ek skryf die brief aan u in verband met u repliek, gepubliseer Pretoria Moot Rekord Vrydag 22 April, getitel “Is Christene nou by ’n kruispad?” Ek noem myself ’n Christen, vernoem na Christus Jesus. Dus glo ek as Christen in Hom. Matt 18:3 “…en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, …

Geagte Mnr Piet Stassen
Ek skryf die brief aan u in verband met u repliek, gepubliseer Pretoria Moot Rekord Vrydag 22 April, getitel “Is Christene nou by ’n kruispad?”
Ek noem myself ’n Christen, vernoem na Christus Jesus. Dus glo ek as Christen in Hom. Matt 18:3 “…en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle nooit in die koningkryk van die hemele ingaan nie!”
M.a.w. glo soos ’n kind. Weet u hoe ’n kind glo? ’n Kind verg nie bewyse nie, ’n kind glo sonder twyfel. Ek het maar net een vers aangehaal oor hoe om te glo, maar u sien; om ’n Christen te wees is om ’n kind van God te wees, en dus in ’n verhouding met God te staan.
Ek noem God, Pappa, en dis die grooste voorreg wat ek het. So om te antwoord of ons as Christene op ’n kruispad staan; ons doen nie. God is goed in al’s en in al’s is God goed.
Ek het een vraag vir u; ken u vir Jesus? Indien nie kom laat ek u van Hom vertel.
Groete
Kind van God
PS: verkorte weergawe.
