LettersOpinion

Twyfel weens wetenskaplike bevindings

Ek verwys na Piet Strassen wat oor sy geloof twyfel weens wetenskaplike bevindings. Ek stem saam met Dr Gouse se verduideliking “om te glo soos ’n kind” (Rekord, 6 Mei). Maar, dis belangrik om in die hele Bybel te glo, omdat dit die waarheid is en betroubaar. Baie teoloë, wetenskaplikes en ander, het só geglo. …

Ek verwys na Piet Strassen wat oor sy geloof twyfel weens wetenskaplike bevindings.

Ek stem saam met Dr Gouse se verduideliking “om te glo soos ’n kind” (Rekord, 6 Mei). Maar, dis belangrik om in die hele Bybel te glo, omdat dit die waarheid is en betroubaar.

Baie teoloë, wetenskaplikes en ander, het só geglo.

As jy sou begin om ’n deel van die Bybel oor die skepping uit te haal, is jy op gevaarlike terrein. Hoe kan jy dan in ander dele wil glo?

Twyfel ontstaan omdat mense sê evolusie en miljoene jare wat die aarde sou bestaan, is nou wetenskaplik bewys.

Dis nie “wetenskap” nie – slegs geloof in teorieë wat hulle probeer uitbou, telkens verander en so probeer bewys.

Daar is genoeg gelowige wetenskaplikes wat met teorieë en “bewyse” die teendeel verdedig.

Dr Willem van Heerden

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button