Geen papier frustreer motoris
Ek moet my nuwe motorlisensie uitneem want dit verval eersdaags. Maklik. Dis mos haal en betaal en siedaar ons ry al weer. SO maklik is dit egter nie. Kom by die eerste Poskantoor en moet omdraai want daar is nie papier nie. Geen probleem. Ons gaan na die volgende een maar, hierdie keer is die …

Ek moet my nuwe motorlisensie uitneem want dit verval eersdaags. Maklik. Dis mos haal en betaal en siedaar ons ry al weer.
SO maklik is dit egter nie. Kom by die eerste Poskantoor en moet omdraai want daar is nie papier nie.
Geen probleem. Ons gaan na die volgende een maar, hierdie keer is die ink klaar en so ry ons Pretoria plat en al wat ons kry daarvoor is frustrasie.
Ek word verseker dat by Waltloo-lisensie kantoor sal ek geholpe raak.
Ook daar is geen papier nie. Uiteindelik land ek by die Poskantoor wat my verseker dat hulle vandag papier kry en as ek 9 uur daar is sal ek geholpe raak. Ek maak toe so en nadat ek amper 2 ure in die tou gestaan het moet ons hoor “jammer die ink is klaar”.
Nou hoe nou gemaak? My lisensie verval en as ek dit laat uitneem moet ek nog boete betaal ook. En wie gaan die boete betaal as ek gestop en beboet word omdat my lisensie nie hernuwe is nie?
Uiters gefrustreerde motoris
S Roos
