LettersOpinion

Kommer oor Melgisedek

Inwoner verheug dat gemeenskap saamwerk teen probleemareas.

Ek is ’n inwoner van Riviera, wat die laaste paar weke besef het dat mense regtig probeer om probleemkolle in ons woonbuurt te verbeter.

’n Voorbeeld daarvan is natuurlik Melgisedek.

Dit breek my hart om te sien hoe daardie mense lewe. Dit is onmenslik om te verwag dat mense so moet bestaan.

Afgesien daarvan, veroorsaak die gebou ’n probleem vir die hele gemeenskap.

Dit moedig misdaad aan en verminder die waarde van eiendom in die omgewing.

Ek was verheug om te sien dat die polisie en GPF Vrydagaand daar ’n draai gemaak het. Die sigbaarheid van die polisie kan net help om misdaad te bekamp.

Ek het ook gesien dat die DA het ’n petisie by die gebou versprei het die naweek. Kom ons hoop dat dit alles die metro sal aanspoor om op te tree.

Ons kan nie langer toelaat dat mense in so ‘n toestand onder ons neuse woon nie.

Riviera-inwoner

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button