LettersOpinion

Verkeersirkels verwar Moot-motoriste

Met die koms van nuwe verkeersirkels in die Moot kom daar ook verwarring oor hoe om hulle te gebruik.

Ek woon in Villieria en ry elke dag by die nuwe verkeersirkel op die hoek van Ben Swart- en Frystraat verby.

Ek moet sê, die nuwe verkeersirkel help verkeer vreeslik aan en daar was die afgelope paar weke min verkeersknope.

Die sirkel verwar egter motoriste omdat dit volgens my kennis anders werk as die groot Hardy Muller-sirkel.

By ’n klein verkeersirkel werk dit amper soos ’n vierrigting stopstraat. Wie eerste by die sirkel aankom, kan ook eerste ry.

By ’n groot sirkel, soos die Hardy Muller-sirkel, werk dit op ’n toegee-basis. Die motoris moet toegee na die regterkant.

Ek hoop dat Moot-inwoners vinnig hierdie nuwe sirkels sal baasraak sodat ons almal met gemak by ons bestemmings kan uitkom.

Aletta van der Berg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button