LettersOpinion

Sterkte aan Nicolene

“My seun van nege het ook 'n breinoperasie ondergaan.”

Ek wil net sterkte sê vir die ouers en natuurlik die dogter. My seun van nege het ook ‘n breinoperasie ondergaan, en ook moes ons wag vir die uitslag of dit kwaadaardig is of nie.

Hy het sy balans begin verloor, opgegooi en hoofpyne gekry. Ek het van die een sielkundige na volgende gegaan (was besig om te skei en gedink dis die spanning van ma en pa wat skei).

Die sielkundiges het nie gewerk nie. Intussen het ek hom oogarts toe gevat en gedink dis seker sy oë wat probleme gee. Hulle het niks opgemerk nie. Radeloos en met geen antwoorde het ek na ‘n ander oogarts gegaan waar hy opgetel het iets is nie reg nie.

Ek is na die ooginstituut verwys. Daar gekom, het hulle toetse gedoen en ons vir ‘n nood-breinskandering gestuur. Hierna het ek en seuna gaan eet en gewag vir die uitslae.

Tot my bittere skok word ek sommer daar en dan gebel en is dadelik terug om die skandering-uitslae te kry. Daar is toe reeds ‘n konsultasie met ‘n neuroloog oorkant die pad gereël.

Daar gekom is ek ingelig hulle neem hom onmiddellik op en opereer sommer die volgende dag.

My hart gaan uit na hulle

Sterkte,

Marina

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button