Moenie die ape voer nie
So ’n ruk terug was ek en my man in die Kruger Wildtuin. Ons ry rustig rond, kyk na al die rooibokkies wat wei, en so aan. Op ’n kol, kom ons by ’n verkeersknoop, en toe dink ons “oe, hier moet ‘n leeu wees.” Daar was mos by die vorige verkeersknoop twee leeus in …
So ’n ruk terug was ek en my man in die Kruger Wildtuin.
Ons ry rustig rond, kyk na al die rooibokkies wat wei, en so aan.
Op ’n kol, kom ons by ’n verkeersknoop, en toe dink ons “oe, hier moet ‘n leeu wees.”
Daar was mos by die vorige verkeersknoop twee leeus in die pad (en ’n klomp kwaai Gautengers wat net wil ry).
Nee, hierdie keer was dit ’n vrou in ’n wit Fiesta wat besluit het om die blou-apies langs die pad te voer, want hulle is tog te “cute”.
Ek kon sien hoe minstens twee karre langs haar stop en haar waarsku: “mens voer nie die ape nie”. En elke keer as die karre verbyry, gaan sy net aan om die apies te voer.
Ons het nie te lank gebly nie, maar ek kon sien hoe die apies elke keer ’n bietjie nader aan haar kar kom. Enige mens met ’n halwe brein kan mos sien dit maak hulle ongelooflik stout.
Wel, toe besluit ons om by een van die piekniekplekkies te gaan eet.
Toe weer, sien ons hoe van die besoekers apies voer. En hoe die apies probeer om meer van hul kos te steel.
Die keer besluit die man om na die apies te skop, en kort daarna voer hy hulle weer. Toe ons vir hulle sê dat die apies nie gevoer mag word nie, sê hy: “Hulle is in elk geval al klaar stout.”
Dit is mos een van die reëls in die Krugerwildtuin: “Moenie die ape voer nie.”
– Anoniem
