
As inwoner in Pta Tuine het ek verskeie kere gesien dat kinders van Suiderberg skool asook ander blanke mans by die groen containers in Bremerstraat ingaan en binne oomblikke met wit sakkies daar uitstap.
Daar is ‘n swart BMW wat gister ‘n aflewering daar gemaak het. Volgens ‘n sektor- polisiëring-woordvoerder is die meeste van hulle Nigeriërs en die polisie van Hercules is kop in een mus met die misdadigers.
Dwelmhandelaars word by Hercules-polisiekantoor afgelaai en vanaand weer daar vrygelaat. Waar is die speurders?
Die bewering wat deur beamptes van Hercules polisiekantoor gemaak word, as daar nood is, is dat hulle net een voertuig het vir die weste d.w.s. tot by Kameeldrif-wes. Intussen staan daar hordes voertuie wat kastig reggemaak moet word..
Ons as ouers en inwoners is uiters bekommerd oor die dwelmhandel en Hercules polisiekantoor se gekonkel.
Daar moet dringend iets aan die saak gedoen word. Wie gaan verantwoordelikheid neem en ons omgewing veilig en misdaadvry maak.
Groete
Bekommerde inwoner
