LettersOpinion

Operasie skoonmaak

Elke middag neem ek die mooiste foto's van "ons spruitjie", salig onbewus van wat reg onder ons neuse aangaan.

Elke week lees ons in Rekord van “operasie skoonmaak” – die toestand van die spruitjies.

Die aangehegte foto is vandag geneem op die hoek van 16e Laan en Beyersstraat.

Dit is kommerwekkend as ’n agtjarige vir jou kom wys wat hy opgetel het terwyl ons gereeld daar gaan stap. Gelukkig is hulle bewus van dwelms en het nie daaraan gevat nie.

Ek wil graag weet of iemand dalk hier ook kan kom ondersoek doen en ’n “operasie skoonmaak” hou?

Elke middag neem ek die mooiste foto’s van “ons spruitjie”, salig onbewus van wat reg onder ons neuse aangaan.

Die Moot is ’n wonderlike, pragtige plek om te bly maar kan die “skoonmaak” orals toegepas word?

Waar begin ’n plan van aksie?

Juanita Badenhorst

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button