Geagte polisie en CMS-sekuriteitsmaatskappy,
Graag wil ek die volgende mense spesiaal bedank vir uitstekende diens op 21 Desember 2016 gelewer:
Wonderboompoort-polisie se lieutenant-kolonel Malongeni (stasiebevelvoerder) en adjudant-offisier Rudolph;
Pretoria Moot-polisie se a.o. Hlokoa en a.o. Jonker;
Menere Engelbrecht en Bannink van CMS-sekuriteitsmaatskappy.
My motor is om 11:40 voor Uniview-woonstel gesteel. Die opsigter het dadelik die polisie gekontak. Bogenoemde mense het gehelp om my motor binne ’n uur te vind.
Fantastiese en blitsvinnige optrede het gehelp om die skelms te vang. Alle eer aan God.
Baie dankie.
Retha Badenhorst
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
