LettersOpinion

Verlore ringe

As daar dalk iemand is wat kennis dra van die ringe sal ek bitter dankbaar wees en selfs ’n beloning aanbied.

Ek wil graag ’n versoek rig aan die gemeenskap.

Ek het op 13 Desember 2016 na ’n publieke badkamer by die Faeriedale-inkopiesentrum in Cliffendale-sentrum gegaan.

Daar het ek die badkamer gebruik en daarna my ringe afgehaal en my hande gewas.

Toe ek my hande wou afdroog was daar nie iets om dit mee te doen nie en het ek weer gou by die toilethokkie ingegaan om my hande met toiletpapier af te droog.

Met my terugkeer na die wasbak was my ringe weg.

Dit is twee goue diamantringe.

Die een ring het een diamant met diamantjies aan die kant, die ander een bestaan uit drie bande: die middelste band het drie diamante en aan die buitenste bande diamantjies aan weerskante.

Ek het navraag gedoen by elke winkel in die sentrum maar skynbaar weet niemand enige iets nie.

As daar dalk iemand is wat kennis dra van die ringe sal ek bitter dankbaar wees en selfs ’n beloning aanbied.

My hart is stukkend, want ek heg baie sentimentele waarde aan die ringe.

Ek kan nie glo dat iemand dit in ’n oogwink kon neem nie.

Annamarie Nell

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button