LettersOpinion

Kan nie grafsteen opsit vir seuntjie by Zandfontein

Die nuwe stadsraad moet eers berms oprig in die Zandfontein-begrafplaas waar die seuntjie ter ruste gelê is.

 

Deel van die rouproses na die dood van ’n kind is om ’n steen op sy graf te sit.

Die treurende pappa en mamma van ’n krulkop lieflingseuntjie is egter die reg ontneem om ’n steen op hulle seuntjie se graf te sit.

Die nuwe stadsraad moet eers berms oprig in die Zandfontein-begrafplaas waar die seuntjie ter ruste gelê is.

Ongelukkig blyk dit dat die oprigting van berms nie meer plaasvind onder die nuwe bewindhebbers van Tshwane nie.

Die vorige bewindhebbers het ten minste nog nuwe berms opgerig wanneer ’n ry vol word.

Die nuwe bewindhebbers – wel ja – onwillekeurig wonder die treurende ouers of hulle nie eerder ’n maand of later bewind moes oorneem nie.

Louis Engelbrecht

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button