Opinion

RESENSIE: ‘n Donkie is ‘n wonderlike ding!

Watter Rebel gaan wen? Kan albei wen? Maak seker jy kry jou hande op Frenette van Wyk se jongste boek Geliefde Rebel.

Malaika bestuur ’n donkierehabilitasiesentrum op die plaas Salem in die Beaufort Wes-distrik. Sy huur die plaas van oom Michiel Steyn, wie se dogter, Heloise, saam met haar op skool was.

By ’n vriendin se troue ontmoet sy vir Baron op wie sy tien jaar gelede verlief was. Intussen word Heloise die eienares van Salem, en sy begin haar neus indruk in Malaika se rehabilitasiesentrum. Baron besoek Malaika gereeld op die plaas – hy neem selfs een van die verwaarloosde donkies, Psalm aan, en haar gevoelens vir hom groei. Dit lyk egter vir haar asof Baron en Heloise hul verhouding van skooldae hervat het. Heloise raak jaloers en besluit om die plaas aan Baron te verkoop vir die ontwikkeling van die gasteplaas.

Malaika se vriend, Wayne vra haar om te trou, maar dan sal sy Kaap toe moet verhuis en haar rehabilitasiesentrum asook haar donkies moes prysgee. Nou moet sy kies of sy kans sien om heeltyd in Baron en Heloise vas te kyk om by haar donkies te kan bly, en of sy met Wayne gaan trou en weggaan?

Die titel Geliefde Rebel is opsetlik dubbelsinning – Rebel is die leierdonkie se naam vir wie die heldin, Malaika baie lief is, maar dit is ook wat die held, Baron, Malaika soms noem.

Watter Rebel gaan wen? Kan albei wen?

Geliefde Rebel is ’n halstarrige, lieflike boek wat in ’n unieke omgewing afspeel. Dit is Frenette van Wyk se tweede SuperRomanza en twee en twintigste publikasie.

Geliefde Rebel is teen R225 by toonaangewende boekwinkels beskikbaar, LAPA Uitgewers.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button