RESENSIE: Dubbelspiraal
Die leser word gevoer van Grahamstad na Soweto, Amsterdam na Parys, Mtubatuba na Bettysbaai.

Hy en Xolisa Ndebela sou vriende kon wees, besef geheime agent Koos Jooste hier teen die nadraai van die 1994-verkiesing. Want hulle ontdek aspekte van mekaar wat nie een sou vermoed het nie; soos Ndlela se ervaringe van Quatro, die ANC se berugte strafkamp in Angola, en hoe almal oor die toekoms voel.
Sedert die Soweto-opstand in 1976, kruis die paaie van dié twee Suid-Afrikaners telkens tydens die sleuteloomblikke in die land se geskiedenis.
Jooste verdedig die bestaande bestel, Ndlela beywer hom vir die nuwe; en Dubbelspiraal plaas die fokus op hoe die magsewewig tussen hulle gedurig verander.
Die leser word gevoer van Grahamstad na Soweto, Amsterdam na Parys, Mtubatuba na Bettysbaai.
Jooste, agent in die vreemde, moet persoonlike tragedie verwerk, in ’n wankelende wêreld vastigheid soek en sukkel met die begrippe van patriotisme en lojaliteit.
Oor die skrywer
André Jansen is die skuilnaam van ’n ervare, bedrewe spanningsverhaalskrywer. Hy is die skrywer van Die Jerigo-krisis (Human & Rousseau, 1986) en Die Simson-opsie (Human & Rousseau, 1998). Hy woon op Bettysbaai.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
