BOEKE: Van Afrikaans Gepraat
Weet jy waar Afrikaans vandaan kom? Dan is Van Afrikaans gepraat uit die pen van Prof. Christo van Rensburg net die boek vir jou.

Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands?
Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf?
Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans?
Wat is die invloed van die ‘townships’ op Afrikaans?
Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beinvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories.
Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard.
Van Afrikaans Gepraat, ’n splinternuwe boek deur Christo van Rensburg , is nou te koop en is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans. Van Afrikaans gepraat is teen R250 by toonaangewende boekwinkels regoor die land beskikbaar, *LAPA Uitgewers.
Oor die outeur:
Prof. Christo van Rensburg is een van Suid-Afrika se bekendste linguiste. Hy was veral bekend vir sy werk op Afrikaan se dialekte. Hy het afgetree as ’n direkteur by die Eenheid van Taalvaardigheid aan die Universiteit van Pretoria.
Christo van Rensburg oordele dié aan toe hy aan die finale bladproewe gewerk het. Prof. Hans du Plessis het die projek verder namens die gesin bestuur.
Hierdie boek is dus ook ’n viering van Christo van Rensburg se bydrae tot Afrikaans.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
