Sport

Waterkloof onoorwonne by Wildeklawer toernooi

Kort op die hakke van hul puik vertoning by die gesogte St John’s Paastoernooi het Hoërskool Waterkloof se eerste rugbyspan verlede week weer gewys dat hulle vanjaar weer onder die heel bestes in die land gaan tel. Net soos by die St John’s toernooi het Waterkloof die Wildeklawer-rugbyfees vir Superskole onoorwonne afgesluit en in die …

Tian Schmullian, senter van Affies, in aksie by die Wildeklawer rugbyfees vir Superskole in Kimberley, waar Affies vir Oakdale Landbou met 21-01 geklop het. Foto: Paul Parsons
Tian Schmullian, senter van Affies, in aksie by die Wildeklawer rugbyfees vir Superskole in Kimberley, waar Affies vir Oakdale Landbou met 21-01 geklop het.
Foto: Paul Parsons

Kort op die hakke van hul puik vertoning by die gesogte St John’s Paastoernooi het Hoërskool Waterkloof se eerste rugbyspan verlede week weer gewys dat hulle vanjaar weer onder die heel bestes in die land gaan tel. Net soos by die St John’s toernooi het Waterkloof die Wildeklawer-rugbyfees vir Superskole onoorwonne afgesluit en in die proses het hulle met twee top skole uit die Oos-Kaap en Durban afgereken. Op die eerste dag teen Glenwood van Durban was Waterkloof se groot uitblinkers hul agtsteman en kaptein, JP Snyman, en die losskakel, Tinus de Beer. Snyman het sy span weer met voorbeeld gelei, terwyl De Beer die kenners op die toernooi aan die praat gehad het met sy puik spel op losskakel. De Beer was weer in die kollig met Waterkloof se tweede wedstryd teen Grey High School. Dié skool van Port Elizabeth se losskakel, Curvin Bosch, is lankal bekend in die Oos-Kaap en daar word gereeld oor hom in rugbykringe geskryf en gepraat. Daar was dus ook vooraf bespiegel oor die tweestryd tussen Bosch en De Beer toe dit bekend geword het dat Waterkloof en Grey High School teen mekaar gaan speel. De Beer het hierdie tweestryd egter maklik gewen met sy soveelste puik verto­ning van die seisoen, waarin Waterkloof met 39-24 gewen het. De Beer het teen Grey High School ‘n drie gedruk, vier doelskoppe oorgeklits en ook twee strafdoele behaal. – Pretoria se ander verteenwoordiger op die Wildeklawer-rugbyfees vir Superskole, die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies), het gemengde sukses in Kimberley behaal. Affies het op die eerste dag van die toernooi ‘n ordentlike drag slae gekry toe Paarl Gimnasium hulle met 40-7 verniel het. Gelukkig kon die Affies-manne hulleself regruk en in hul tweede wedstryd teen Oakdale Landbouskool van Riversdal het hulle met 21-10 gewen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button