Local sportSport

Statebondspele-fakkel in Pretoria

Die legendariese Suid-Afrikaanse atleet Gert Potgieter, voormalige atletiekwêreldrekordhouer, was onlangs ‘n eregas wat die Statebondspele-fakkel op sy roete deur Pretoria vergesel het. Die aflosfakkel bevat ‘n geheime boodskap van koningin Elizabeth ll van Brittanje. Hierdie boodskap sal tydens die openingseremonie van die Spele in Glasgow, Skotland op 23 Julie vanjaar gelees word. Die koningin se …

Die legendariese Suid-Afrikaanse atleet Gert Potgieter, voormalige atletiekwêreldrekordhouer, was onlangs ‘n eregas wat die Statebondspele-fakkel op sy roete deur Pretoria vergesel het.

Die aflosfakkel bevat ‘n geheime boodskap van koningin Elizabeth ll van Brittanje. Hierdie boodskap sal tydens die openingseremonie van die Spele in Glasgow, Skotland op 23 Julie vanjaar gelees word.

Die koningin se aflosfakkel is ‘n viering van voormalige, huidige en toekomstige atlete om in vriendelike mededinging aan die Spele deel te neem.

Die fakkel is in 1958 tydens die Statebondspele in Cardiff, Wallis ingestel, waar Potgieter twee goue medaljes gewen het en ‘n wêreldrekord in die 440-tree hekkies opgestel het.

Die koningin se boodskap by die spele van daardie jaar het, onder andere, ‘n beroep op atlete gedoen om in vriendskap, respek, vrede en eerlikheid deel te neem. “Toe die organiseerders my onlangs vra om die fakkel vas te hou, was ek gevul met nostalgie en het die 1958 Spele in Wallis weer helder in my gedagtes afgespeel. Suid-Afrika het ‘n trotse rekord van medaljes inoes tydens Statebondspele en hierdie geskiedenis van uitnemendheid moet voortgesit word,” het Potgieter gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button