Local sportSport

Sporthoogtepunte vir 2-3 Mei 2014

Is jy mal oor sport? Vind uit wat als die naweek gebeur op die sportvelde!

Met die skoolvakansiedae van die afgelope week is die eerskomende naweek redelik stil wat sport op skolefront betref, maar daar is tog heelwat ander aksie waarna sportliefhebbers kan uitsien.

Rugby

Die Vodacombeker toernooi bereik hierdie naweek sy kwarteindrondte fase en die Blou Bulle het daarvoor gekwalifiseer deur derde te eindig op die puntelys van die noordelike afdeling.

Die Blou Bulle onder leiding van die slot, David Bulbring, speel dus op Saterdag 3 Mei teen die Cheetahs in Bloemfontein. Dis ‘n uitspeel-fase van die toernooi, so slegs die wenner sal deurdring na die volgende fase. Dit beteken die Blou Bulle sal moet wen om vir die halfeindrondte te kwalifiseer.

Die wedstryd word in die Vrystaatstadion gespeel en dit skop om 15:00 af.

Ironies genoeg speel die bogenoemde twee spanne se senior kollegas ook hierdie naweek teen mekaar in die SuperRugby toernooi. Saterdagmiddag om 17:00 draf die Bulls teen die Cheetahs uit op Loftus Versfeld en vir die Bulls is dit een van die belangrikste wedstryde van die seisoen. Dis hul eerste wedstryd nadat hulle teruggekeer het van hul rampspoedige toer na Australasië en C Victor Matfield en sy manne sal moet wen om hul kanse lewend te hou in die reeks.

Krieket

Die Indiese Premierliga kriekettoernooi (IPL) is tans nog aan die gang en hierdie naweek word daar weer drie wedstryde gespeel, waarin Suid-Afrikaners ook verskeie van hul plaaslike helde in aksie sal sien.

Op Saterdag 3 Mei speel die Mumbai Indians teen die Kings XI Punjab, terwyl die Delhi Daredevils en die Rajasthan Royals mekaar later dieselfde dag pak.

Sondag is daar nog ‘n wedstryd in hierdie opwindende krieketreeks, wanneer die Royal Challengers Bangalore en die Sunrisers Hyderabad mekaar die stryd aansê.

In die eersgenoemde wedstryd sal Suid-Afrikaners soos Beuran Hendricks en David Miller vir die Kings XI Punjab in aksie wees. JP Duminy en Wayne Parnell is deel van die Delhi Daredevils se groep, terwyl Dale Steyn (Sunrisers Hyderabad) teen Albie Morkel en AB de Villiers (Royal Challengers Bangalore) te staan kan kom in Sondag se wedstryd.

Landloop

Op Saterdag 3 Mei sal die Gauteng Noord landloopliga voortgesit word met ‘n byeenkoms by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT).

Navrae oor hierdie byeenkoms kan gerig word aan Jazz Mnyengeze by 076-262-9752.

Hokkie

Die Vasity Sport hokkiereeks begin hierdie naweek met hul eerste toernooi by die Universiteit van die Witwatersrand.

Al die top manshokkiespanne van die deelnemende universiteite sal in aksie wees van Saterdag 3 Mei tot Maandag 5 Mei. Wedstryde begin daagliks om 10:00 op Saterdag, 11:00 op Sondag en 13:00 op Maandag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button