Local sportSport

Pistoolskuts wen medaljes in Duitsland

Vier Pretorianers was deel van die heel eerste amptelike “Previously Disadvantaged Individual (PDI)” pistoolskietspan wat Suid-Afrika by ’n internasionale pistoolskietkampioenskap verteenwoordig het.Dié span is almal lede van die Suid-Afrikaanse Pistoolvereniging, wat gesetel is by die Pretoria Militêre skietbaan in Thaba Tshwane. Die nasionale span het bestaan uit dié vier Pretorianers, asook twee ander lede uit …

Vier Pretorianers was deel van die heel eerste amptelike “Previously Disadvantaged Individual (PDI)” pistoolskietspan wat Suid-Afrika by ’n internasionale pistoolskietkampioenskap verteenwoordig het.Dié span is almal lede van die Suid-Afrikaanse Pistoolvereniging, wat gesetel is by die Pretoria Militêre skietbaan in Thaba Tshwane. Die nasionale span het bestaan uit dié vier Pretorianers, asook twee ander lede uit die Oos- en Wes-Kaap.Die span het deelgeneem aan die Duitse Ope kampioenskappe en die druk was groot om te presteer teen topskuts van 13 verskillende lande. Hulle het nogtans besonder goed gevaar en na Suid-Afrika teruggekeer met drie goue- en drie bronsmedaljes.Volgens Nico Rautenbach, die spanbestuurder van die toerspan na die Duitse Ope kampioenskap, neem die manne in verskillende afdelings van dié sport deel. Dit wissel van die olimpiese vryskiet item oor 50 meter tot snelvuur oor 40 meter en selfs lugpistoolskiet oor ’n afstand van 10 meter.Rautenbach het aan Rekord gesê die publiek is welkom om by die vereniging aan te sluit en elke persoon met sy eie handwapen kan deelneem aan die sport.Navrae: Nico Rautenbach by 082-325-7146.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button