Local sportSport

Hengelfees in Centurion vir rolstoel hengelaars

Lente is in die lug en in Pretoria skyn die sonnetjie deesdae al hoe warmer, wat beteken die winter is amptelik verby. In hierdie heerlike weer sal Pretoria se buitelugliefhebbers natuurlik weer stroom na plekke waar hulle die weer en vars lug kan geniet. Hengelaars wat met rolstoele oor die weg moet kom hoe ook …

Lente is in die lug en in Pretoria skyn die sonnetjie deesdae al hoe warmer, wat beteken die winter is amptelik verby. In hierdie heerlike weer sal Pretoria se buitelugliefhebbers natuurlik weer stroom na plekke waar hulle die weer en vars lug kan geniet. Hengelaars wat met rolstoele oor die weg moet kom hoe ook nie agterweë te bly in hierdie lenteweer nie, want eerskomende Saterdag is dit weer tyd vir Ramcat se bekende hengelkompetisie vir gestremdes in rolstoele. Gerhard Smal, organiseerder van die kompetisie, sê vanjaar se kompetisie is beter en groter as ooit. Hy nooi alle rolstoel-hengelaars uit om deel te neem aan hierdie unieke geleentheid wat spesiaal vir hulle gereël word. Hengelaars sal weer ordentlik bederf word met die heerlike etes, terwyl hulp van vrywilligers beskikbaar is vir diegene wat nie hul eie helpers saambring nie. Daar sal ook genoeg pryse wees – nie net vir die manne wat die grootste vis vang nie, maar ook in ander kategorieë. Navrae: Gerhard Smal by 082-337-9064 of ystersmal@gmail.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button