Local sportSport

Nasionale Ringbalaksie in Pretoria

Een van die groot dae op die kalender van Suid-Afrikaanse Ringbal (voorheen Korfbal) vind eerskomende Saterdag, 13 September, op Korfbalpark in Gezina, Pretoria plaas. Na afloop van die provinsiale kampioenskappe het die nasionale keurders in elke ouderdomsgroep nasionale spanne, asook uitnodigingspanne gekies. Dié spanne kom by Saterdag se toernooi teen mekaar te staan, wat beteken …

Een van die groot dae op die kalender van Suid-Afrikaanse Ringbal (voorheen Korfbal) vind eerskomende Saterdag, 13 September, op Korfbalpark in Gezina, Pretoria plaas.

Na afloop van die provinsiale kampioenskappe het die nasionale keurders in elke ouderdomsgroep nasionale spanne, asook uitnodigingspanne gekies. Dié spanne kom by Saterdag se toernooi teen mekaar te staan, wat beteken dat Ringbal van hoogstaande gehalte te sien sal wees. Die land se bestes en tweedebeste sal dus sake uitspook, met die uitnodigingspanne se spelers wat uiteraard almal sal wil bewys dat hulle eintlik in die uitsoekspanne moes gewees het.

Die verrigtinge begin reeds om 08:00 met die amptelike opening, waarna die aksie sal plaasvind.

Die publiek is welkom om die toernooi by te woon en daar sal genoeg te eet en te drink te koop wees. Korfbalpark is op die hoek van Fredrikastraat, 10de laan, Gezina.

Navrae: Harry Burger by 084-485-6281.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button