Local sportSport

Gestremde hengelaars laat die katrolle sing

Die jaarlikse hengelkompetisie vir gestrem­des in rolstoele is die afgelope naweek weer met groot sukses by die Irene Country Lodge in Centurion aangebied. Ramcat, ‘n organisasie wat sosiale geleenthede skep vir mense in rolstoele, het homself met die reëlings oortref. Rolstoel-hengelaars het in hul hordes na dié oord se dam gekom om te kyk of …

Die jaarlikse hengelkompetisie vir gestrem­des in rolstoele is die afgelope naweek weer met groot sukses by die Irene Country Lodge in Centurion aangebied. Ramcat, ‘n organisasie wat sosiale geleenthede skep vir mense in rolstoele, het homself met die reëlings oortref. Rolstoel-hengelaars het in hul hordes na dié oord se dam gekom om te kyk of hulle ‘n prys vir die grootste vis kon losslaan. Vir die eerste keer in jare het die weer heeltemal saamgespeel en die hengelaars kon op ‘n windstil dag in heerlike sonskynweer die katrolle laat sing. Deelnemers is ook weer in luuksheid onthaal en niemand kon kla dat hy met ‘n leë maag huis toe moes gaan nie. Daar was volop pryse te wen en almal was dit eens dat hierdie unieke hengeldag besig is om ‘n gewilde tradisie vir hengelaars in rolstoele te word. Rian Janse van Rensburg, wat al die pad van Chrissiesmeer in Mpumalanga gekom het om aan die kompetisie deel te neem, het uiteindelik die swaarste vis uitgetrek. Dit was ‘n baber van 3,4kg. Janse van Rensburg is al 19 jaar lank ‘n parapleeg ná ‘n motorfietsongeluk. Hy werk in die bosboubedryf en sy seun, Ruan, was sy amptelike helper by die kompetisie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button