Top ringbalspanne sorg vir volop aksie
Een van die groot dae op die kalender van Suid-Afrikaanse Ringbal (voorheen Korfbal) is die afgelope naweek op Korfbalpark in Gezina, Pretoria aangebied. Na afloop van die onlangse provinsiale kampioenskappe het die nasionale keurders in elke ouderdomsgroep nasionale spanne, asook uitnodigingspanne gekies. Dié spanne het by Saterdag se toernooi teen mekaar te staan gekom, wat …
Een van die groot dae op die kalender van Suid-Afrikaanse Ringbal (voorheen Korfbal) is die afgelope naweek op Korfbalpark in Gezina, Pretoria aangebied. Na afloop van die onlangse provinsiale kampioenskappe het die nasionale keurders in elke ouderdomsgroep nasionale spanne, asook uitnodigingspanne gekies. Dié spanne het by Saterdag se toernooi teen mekaar te staan gekom, wat beteken dat Ringbal van hoogstaande gehalte gesien kon word. Die land se bestes en tweedebeste het dus sake uitgespook, met die uitnodigingspanne se spelers wat uiteraard almal wou bewys dat hulle eintlik in die uitsoekspanne moes gewees het. Die aksie het heeldag aangehou en ringbalspelers vanaf ouderdom o.14 tot by die meesters was in aksie.
