Local sportSport

Skoleliga vir laerskoolstoeiers groei steeds

Die derde Gauteng Noord skole stoeiliga-byeenkoms is die afgelope naweek met groot sukses by dié stoeifederasie se basis in Menlopark aangebied. Hierdie liga was die breinkind van Lourens Botha en sedert die eerste toernooi in 2012 groei dit jaarliks groter. By die eerste toernooi in 2012 het agt skole deelgeneem en vanjaar was elf skole …

Die derde Gauteng Noord skole stoeiliga-byeenkoms is die afgelope naweek met groot sukses by dié stoeifederasie se basis in Menlopark aangebied.

Hierdie liga was die breinkind van Lourens Botha en sedert die eerste toernooi in 2012 groei dit jaarliks groter. By die eerste toernooi in 2012 het agt skole deelgeneem en vanjaar was elf skole vanoor die hele Pretoria deel van die toernooi, wat beteken dit het byna 200 stoeiers gelok.

Elke skool se span bestaan uit 12 stoeiers en vier reserwes. Elke span moes ook ’n aantal nuwelinge inskryf, wat volgens Botha uiteindelik goeie resultate oplewer ten opsigte van die groei van die sport in Pretoria, aangesien heelwat nuwelinge daarna by klubs aansluit.

Die wenner van vanjaar se toernooi was Laerskool Monumentpark. Hulle het Wierdapark in die finaal geklop. Laerskool Constantiapark was derde, nadat hulle teen Soshanguwe Schools aan die wenkant was.

Die Skild-kompetisie vir skole wat in eerste rondte verloor het, is deur die Tuisskole-span gewen. Dié span, wat bekendstaan as die Rowwe Ratels, is ’n georganiseerde stoeiklub vir tuisskool kinders.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button