Local sportSport

Honderde gooi skeie op jukskei bondedag

Sewentig junior jukskeispanne uit vyf verskillende provinsies het die afgelope naweek by Cooperpark in Gezina, Pretoria, bymekaargekom vir die jaarlikse Bondedag, wat deur die Gauteng-Noord Jukskei-unie aangebied is. Verskeie nasionale junior spelers was in aksie. Dit is die grootste provinsiale jukskeitoernooi vir 2014 in Gauteng. Die deelnemende provinsies was Gauteng-Noord, Gauteng-Wes, Noord-Wes, Limpopo en Mpumalanga. …

Sewentig junior jukskeispanne uit vyf verskillende provinsies het die afgelope naweek by Cooperpark in Gezina, Pretoria, bymekaargekom vir die jaarlikse Bondedag, wat deur die Gauteng-Noord Jukskei-unie aangebied is. Verskeie nasionale junior spelers was in aksie. Dit is die grootste provinsiale jukskeitoernooi vir 2014 in Gauteng. Die deelnemende provinsies was Gauteng-Noord, Gauteng-Wes, Noord-Wes, Limpopo en Mpumalanga. Jukskei is ‘n inheemse sport wat deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) en die Departement van Sport erken word as die enigste inheemse sport met nasionale strukture. In dié sport word nasionale kleure jaarliks op junior- en seniorvlak toegeken en toetsreekse word jaarliks tussen Suid-Afrika en Namibië gespeel . Sedert 2010 is daar ook VSA-spanne wat aan Jukskei-wedstryde deelneem. In 2011 het die VSA ‘n brons medalje tydens die Suid-Afrikaanse senior kampioenskappe gewen. In 2011, 2012 en 2013 het Suid-Afrikaanse jukskei-afvaardigings in die VSA gaan speel en daar is ook elke jaar spanne wat meeding in hulle kampioenskapsreekse. Die naweek se Bondedag is in heerlike sonskynweer gehou en jukskei van hoogstaande gehalte is deur al die junior deelnemers vertoon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button