Local sportSport

Bulle blink uit in geskiedkundige Bok-oorwinning

Spelers van die Blou Bulle was onder die sterre in Saterdag se toetswedstryd op Ellispark in Johannesburg, waarin die Springbokke vir die eerste keer sedert 20 Augustus 2011 met die All Blacks kon afreken. Victor Matfield was ’n staatmaker in die lynstane, terwyl die skakelpaar, Francois Hougaard en Handré Polard, verantwoordelik was vir aldrie die …

Handré Pollard, jong 20-jarige losskakel van die Blou Bulle en die Springbokke, was Saterdag op Ellispark een van die Springbokke se grootste sterre. Hy het die All Blacks in die eerste helfte geskud met twee puik drieë, waarmee hy – veral met die eerste poging – hul verdediging aan repe geskeur het. Hier glip die briljante jong Pollard verby die grypende hande van twee verdedigers op pad na sy eerste drie. Foto: GB Jordaan
Handré Pollard, jong 20-jarige losskakel van die Blou Bulle en die Springbokke, was Saterdag op Ellispark een van die Springbokke se grootste sterre. Hy het die All Blacks in die eerste helfte geskud met twee puik drieë, waarmee hy – veral met die eerste poging – hul verdediging aan repe geskeur het. Hier glip die briljante jong Pollard verby die grypende hande van twee verdedigers op pad na sy eerste drie.
Foto: GB Jordaan
Francois Hougaard volspoed op pad doellyn toe vir die Bokke se eerste drie van die wedstryd in Saterdag se toets op Ellispark. Foto: GB Jordaan
Francois Hougaard volspoed op pad doellyn toe vir die Bokke se eerste drie van die wedstryd in Saterdag se toets op Ellispark.
Foto: GB Jordaan

Spelers van die Blou Bulle was onder die sterre in Saterdag se toetswedstryd op Ellispark in Johannesburg, waarin die Springbokke vir die eerste keer sedert 20 Augustus 2011 met die All Blacks kon afreken.

Victor Matfield was ’n staatmaker in die lynstane, terwyl die skakelpaar, Francois Hougaard en Handré Polard, verantwoordelik was vir aldrie die Bokke se drieë.

Agterlangs was die senter Jan Serfontein weer rotsvas op die verdediging, terwyl hy die Nieu-seelanders soms laat bontstaan het as hy die bal in die hande gekry het.

Die Springbokke het die All Blacks in die eerste helfte totaal oorheers en al drie hul drieë is in dié 40 minute gedruk.

Soos wat ’n mens van die wêreld se nommer-een span en die huidige wêreldkampioen kan verwag, het die All Blacks egter in die tweede helfte teruggekom met twee vinnige drieë en tien minute voor die eindfluitjie het hulle nog voorgeloop. ’n Strafdoel van 55 meter deur reserwe losskakel, Pat Lambie, het dit egter vir die Bokke moontlik gemaak om uiteindelik die wedstryd met 27-25 te wen.

Dit was die eerste keer in ses pogings wat die Bokke met hul grootste vyand kon afreken onder die afrigting van Heyneke Meyer. Kenners meen egter dat die Bokke waarskynlik nou ’n sielkundige voordeel kan hê wanneer die wêreldbeker toernooi volgende jaar aanbreek. Meyer se span verbeter steeds teen ’n opwaartse kurwe en oor ’n jaar van nou af, wanneer die wêreldbeker toernooi in Engeland plaasvind, sal hierdie Springbokspan waarskynlik spook by die All Blacks en hul ondersteuners.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button