Local sportSport

Willem Putter die ster by Noord-Gauteng Stoei se toekenningsfunskie

Dr Willem Putter, een van die meesters stoeiers ter wêreld was die ster op stoei Gauteng-Noord se jaarlikse prysuitdeelingsfunksie.

Stoei-administrateurs en liefhebbers van dié sport is dit eens dat dit die gesondste sport is wat enigiemand kan beoefen.

Behalwe vir die fisieke voordele van stoei, is dit ook een van die sportsoorte wat wondere kan verrig vir karakterbou, geestelike krag en selfvertroue, terwyl ernstige stoeiers gewoonlik baie gedissiplineerde mense is.

Die afgelope naweek kon die Noord-Gauteng Stoeifederasie ook op ‘n ander vlak met sy sport spog, toe die jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid in Pretoria-Oos aangebied is. Die funksie is in groot swier aangebied en gaste het duidelik die “Las Vegas”-tema geniet. Die tema is gekies omdat volgende jaar se stoei-wêreldkampioenskap in Amerika se dobbelstad aangebied word.

Die federasie het vanjaar bestaan uit tien aktiewe klubs en benewens hul prestasies in plaaslike toernooie het stoeiers van Noord-Gauteng ook op provinsiale en nasionale vlak presteer. Noord-Gauteng Stoei het vanjaar weer kop en skouers bo die res van die land se federasies uitgestaan en hulle het 14 van die 19 trofees op die nasionale kampioenskappe opgeraap.

Dié federasie se Bulls-span het boonop ook die Noordvaal Liga ingepalm. Hoewel verskeie stoeiers, administrateurs en beamptes vereer is vir hul bydrae tot die federasie se sukses in 2014, was daar vanjaar welverdiende klem op die sukses van die meester-stoeiers geplaas. In hierdie geledere het niemand meer aandag getrek as dr. Willem Putter nie.

Sy prestasies is deur sy vriende en mede-meesters in perspektief gestel en gaste by die prestige-aand het weer onder die indruk gekom van Putter se status in stoei wêreldwyd. Francois Pienaar, een van Putter se vriende, het ‘n huldeblyk aan hom gelewer en ook ‘n prys aan hom oorhandig namens die Suid-Afrikaanse Meester Sport Assosiasie (SAMSA).

Dié prys, bekend as die “Master of Masters” toekenning, beteken dat Putter ook deur dié sportliggaam vereer word as Suid-Afrika se beste meesters sportman in 2014. Pienaar het aan Rekord gesê dat Putter in perspektief beskou waarskynlik een van Suid-Afrika se beste sportmanne van alle tye is.

Hy het vertel hoe baie respek stoeiers uit Rusland en ander lande in die Ooste, waar stoei hul nasionale sport is, vir Putter het en dat hy in daardie geledere as ‘n legende beskou word.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook or follow us on Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button