FitPretoria se halfmarathon kry nasionale status
FitPretoria se jaarlikse halfmarathon en 10km wedloop kry vanjaar nuwe nasionale en provinsiale status.
Goeie nuus vir padwedloop liefhebbers in Pretoria is dat Atletiek Suid-Afrika (ASA) se halfmarathon kampioenskappe én Atletiek Gauteng-Noord (AGN) se 10km stapkampioenskappe albei deel sal vorm van FitPretoria se jaarlikse wedloop ten bate van die Jakaranda Kinderhuis.
Dié wedloop vind op 15 November by die Kollondade Retail Park plaas. Volop parkeerplek sal dus beskikbaar wees. Daar sal op dié dag dus vier wedlope wees waaraan atlete kan deelneem. Eerstens sal diegene wat kwalifiseer deelneem aan die nasionale 21km kampioenskap. Dié wedloop sal om 05:40 begin.
Langasems wat nie deel is van die nasionale kampioenskap nie, maar steeds die 21km wedloop ten bate van die Jakaranda Kinderhuis wil hardloop, sal deel wees van FitPretoria se halfmarathon, wat om 06:00 sal wegspring. Die 10km wedloop begin om 06:20 en stappers wat aan die provinsiale kampioenskap deelneem sal ook daarvan deel wees.
Daar sal ook ’n pretdraf wees oor 5km vir diegene wat net lekker wil litte losmaak. Hierdie pretdraf begin om 06:10. Navrae: Bossie Boshoff: 083-355-7323 of Alan Edmunds: 083-325-7779.
Vir gratis nuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
